
Die ATKV Redenaarskompetisie is 'n nasionale kompetisie, wat deur die ATKV aangebied word. Die missie van die kompetisie is om Afrikaans in sy geheel, met al sy variante, te bevorder en om aan die jeug 'n geleentheid tot taalvaardigheidsontwikkeling te gee.
Die ATKV se doelwit is o.a. om logies kreatiewe denke te ontwikkel, eie menings en argumente te formuleer en om met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oor te haal. Omdat Laerskool Sabie met hierdie doelwitte kan identifiseer, skryf ons jaarliks sprekers hiervoor in. Hierdeur waarborg ons groter blootstelling en ontwikkeling vir ons eie leerders |