Skaak by Laerskool Sabie is sonder twyfel iets om op trots te wees. In 2008 was ons die beste skaak laerskool in Mpumalanga en 4de beste in Suid-Afrika!! 15 van ons leerders is gekies om in 2008 aan die Suid-Afrikaanse Skaak Kampioenskap (CHESSA) in Potchefstroom deel te neem. Die skool het sopas ook die Laeveld A en B - Liga gewen. In die A - liga het ons 48 van die moontlike 50 spelle gewen!
Skaak deelname by Laerskool Sabie het ten doel om die spelers se konsentrasievermoë en selfvertroue te bevorder en te verbeter. Hulle leer ook om situasies te analiseer en besluite te neem. Skaak is ‘n strategiese aktiwiteit wat breinfunksies verbeter en vorm.
Om aan elke leerder die geleentheid te bied om aan skaak deel te neem, en met berekende risiko’s opponente kaf te draf.
We participate in several competitions on all levels every year. Every year we host a round robin chess day, The Sabie Open, in March on our premises
Skaak is 'n spel vir konings !
Chess B team - Posted on Des 2011
Chess U/11 - Posted on Des 2011
Skaak O/13A - Posted on Des 2011
Dogter skaak B span - Posted on Des 2011
Dogterskaak A-span - Posted on Des 2011
Top 20 Skaaktoernooi - Posted on 21 Augustus 2011
24 van ons spelers word genooi om aan die Top 10 toernooi op Sat 3 September deel te neem. baie sterkte julle ouens!
Top 20 Skaaktoernooi - Posted on 21 Augustus 2011
Bongani Nyati probeer sy opponent uitoorle. Leerders wat besonder goed presteer het is Alexander Maartens - Goud in die O/12 afdeling en Andre de Kock - Brons in die O/12 Afdeling.
Top 20 Skaaktoernooi - Posted on 21 Augustus 2011
die Mpumalanga Laeveld Top 20 Skaaktoernooi is op Saterdag 20 Augustus aangebied. 34 van ons leerders het aan hierdie toernooi deelgeneem.
Skaak Mpumalanga Kampioene - Posted on 17 Augustus 2011
Ons O/13 Span het die tweede agtereenvolgende jaar die titiel gewen en die O/11 span het die het die titel met Laerskol Middelburg gedeel.
Skaak Mpumalanga Finaal Kampioene - Posted on 17 Augustus 2011
Ons dogterspan het met 4-2 die span van Middelburg gewen.
Skaak Mpumalanga kampioene - Posted on 17 Augugstus 2011
Die O/11 en O/13 spanne dring deur om op 2-5 Oktober aan die SA Topskole Kampioenskappe in Bloemfontein te gaan deelneem. Baie sterkte.
Skaak Mpumalanga Finaal - Posted on 17 Augustus
Laerskool Sabie is die Mpumalanga skaak kampioene. Baie geluk.